Die Ystermid Slaaf
Gevang in die reenwoude van die weste
bring hulle jou na Rome toe, slaaf,
hulle gee jou die grafsmidswerk
en nou maak jy kettings.
Die rooi yster wat jy uit die oonde haal
kan verander word soos jy wil,
Jy kan swaard maak
sodat jou mense die kettings kan breek,
maar jy, die slaaf,
jy maak net meer en meer kettings.